Vir die aanbieder:
Ons fokus vir hierdie kwartaal is om die belangrike fondamentele beginsels van ons identiteit in Christus vas te maak, waarop ons dan die res van die 2 jaar gaan bou. Ons gaan werk met ’n identiteitsboekie, die kinders gaan dan met elke les ’n A5 papier kry wat deel vorm van sy identiteisboekie. Iets wat kan help met motiveering vir die kinders om meer gereeld te kom, is om dalk te kyk wie kan al die blaaitjies bymekaar maak en kom wys met die laaste les van die kwartaal. Jy kan self besluit of jy selfs ’n klein prys wil gee. Ander opsie is om die hele boekie reeds te maak en vir elke kind een uit te deel wat hulle dan elke week moet saambring of jy kan dit inneem elke week.
Inleiding:
Ons gaan hierdie kwartaal bietjie praat oor ID (identiteit) en ons identiteit in Christus. Ons gaan selfs ’n ID-boekie maak, waar jy elke week ’n blaai gaan kry oor die les en aan die einde van die kwartaal het jy dan ’n Doxa Deo Kids Gr. 6 & 7 ID boek!