Proe en sien dat die Here goed is! 'n Lesreeks soos geen ander!
In stock
Product Details
HOEKOM LEKKERGOED LAND?
Lekkergoedland is die UITKOMS van ‘n Dinamiese en toegewyde span mense betrokke in Kinderbediening.
Ons het gepoog om ‘n prettige (of vermaaklike) manier te vind om die Karaktereienskappe van God aan die kinders voor te stel. En watter beter manier is daar as om ons wonderlike ongelooflike God voor te stel deur middel van iets wat al ons kinders baie van hou? Lekkergoed!
Die lesreeks bestaan uit nege lesse met aktiwiteite, kernvers-liedjies, prettige gebeds aktiwiteite en tuisblaaie vir die ouers.
Les een - God is goed!
Les twee - God is werklik!
Les 3 - God is liefde!
Les 4 - God is wys!
Les 5 - God is genadig!
Les 6 - God is barmhartig!
Les 7 - God is geduldig!
Les 8 - God is getrou!
Les 9 - Hersiening
BEMAGTIGING VAN OUERS!
In hierde lesse (lespak), fokus ons ook op lesse wat huis toe gestuur word vir verdere bespreking en toepassing tuis deur ouers en kinders.
Ons het Soekie Krog genader om by ons span aan te sluit. Sy is ‘n baie bekende kunstenaar wat fokus op kinderbediening. Soekie het vir elke Kernvers vir ons ‘n lied gekomponeer. Dit gee die leiers die ongelooflike geleentheid om nie net die liede vir die kinders by Sondag bediening te leer nie maar ook om die liede deur epos, Whatsapp of enige ander media aar die kinders en ouers beskikbaar te stel.
On die families verder te ondersteun gebruik ons dieselfde tema vir alle ouderdomsgroepe. Die toepassing sal verskil om by ouderdomsgroepe aan te pas, maar almal sal dieselfde boodskap huis toe neem!
Maak asseblief gebruik van die Tuiswerk blaaie om die gesinne te betrek.
BELANGRIKHEID VAN DIE WOORD
Die Bybel is daar vir transformasie, nie net vir informasie nie – (Onbekend).
Daarom is die oordra van die inhoud van die woord in die kinders se harte en hoofde ons eerste prioriteit. Ons het ‘n groot poging aangewend om julle as aanbieders toe te rus om die Bybel stories op ‘n prettige en aktiewe manier aan te bied, en sluit ook herhaling en memorisering van kernverse in.
Lekkergoedland graad 2-5 lesse is toegerus met ‘n multimedia Bybel dril video wat die aanbieder help om herhaling en memorising van verse op ‘n prettige manier te doen!
BELANGRIKHEID VAN VERHOUDING
Om kinders bewus te maak van God vir wie Hy werklik, is van essensiële belang. Kinders se lewens sal dramaties verander, sodra hulle verstaan dat God hulle sonder enige voorbehoude aanvaar en bewus raak dat Hy ‘n plan het vir hulle lewens.
Ja, ons glo dat die woord van God is lewend en sal volbring wat dit beoog om te doen! Ons glo ook dat God aan ouers, vriende en onderwysers die unieke geleenthede gegee het om hulle lewens op te bou deur positiewe verhoudings.
Ons leef in ‘n wêreld van gebroke mense en verhoudings wat lei tot kinders wat alleen grootword en verlang na betekenisvolle verhoudings. In die kinderbediening het ons die unieke geleentheid om daardie persoon te wees wat onvoorwaardelik liefhet, wat poog om te kind se behoeftes te verstaan en te probeer vervul. Ons is die mense wat die positiewe ondersteuning en aanmoediging gee. Ons is die skouer om op te huil, die glimlag en die drukkie te gee wat so baie ‘n behoefte aan het.
In “ Lekkergoedland” sluit ons ‘n paar maniere in om verhoudings met die kinders op te bou deur bespreking idees, wat ons na verwys as omgee en deel ( care and share) aktiwiteite. Maak gebuik van hierdie prettige aktiwiteite om jou kinders te laat begin gesels. Jy moet goed luister en deur gebed jou antwoord voorberei!
Ons voorsien opleiding in hierde verband by training.doxadeokids.org.